Optimum Asset Finance

Updated: Jun 27

Optimum Asset Finance is die afgelope vyf jaar reeds deel van die Optimum Groep. Ons het klein begin: In in ‘n kantoortjie binne-in die Optimum Groep se hoofkantoor. Sedertdien het ons so uitgebrei dat ons moes verhuis na Victoria Link 12, in dieselfde kantoorpark, oorkant die hoofkantoor.


Ons kontakbesonderhede bly dieselfde.


Optimum Asset Finance is opgewonde oor 2018 en die groeimoontlikhede wat die jaar inhou. Ons span bestaan tans uit agt agente en drie kantoorpersoneellede. Ons is besig om ons “voetspoor” te vergroot deur nog agente/konsultante op ander terreine aan te stel.

Ons span bedien reeds die hele mark en voltrek transaksies landwyd. Optimum Asset Finance se finansieringslyne het ook gegroei en ons is trots daarop dat ons oor meer finansieringslyne in Suid-Afrika beskik as enige van ons mededingers.


Ons dienslewering getuig daarvan dat ons aan ons kliënte die beste produkte in die mark verskaf. Ons naverkoopdiens is uitstekend: 99% van ons kliënte klop weer by ons aan vir verdere finansiering; hetsy vir kommersiële voertuie, myntoerusting, vervaardigingstoerusting of eiendomfinansiering.


Ons tree ook op as handelaar en kan enige private transaksies tussen verkopers en kopers fiansier.


Ons is te alle tye innoverend in ons denke. Ons streef daarna om aan elke kliënt die beste produk vir sy/haar spesifieke behoeftes te voorsien.


Optimum Asset Finance is trots daarop om deel te wees van die Optimum Groep en om die belange en behoeftes van die Groep, asook die kliënte, te alle tye te bevorder en te verbeter!


Kontak ons vir enige finansieringsbehoeftes! Ons spesialiseer in die volgende:


– Kommersiële Batefinansiering (Afbetalingsverkoopooreenkomste (ISA); Bruikhuur (Leases), Huur (Rentals)): – Persoonlike Batefinansiering (AVO, Bruikhuur, Huur); – Alle tipe Eiendomsfinansiering, kommersieel, individueel asook plase; – Private Bankwese (Private Banking); – Handelsfinansiering (Trade Finance); – Werkskapitaal (Working Capital); en Debiteure-finansiering (Debtors Finance)

Ons kombineer uitmuntende kennis, ervaring en passie vir puik diens aan ons kliënte.


Distinctive knowledge, shared with Passion!


Nico van Heerden nico@optimumgroup.co.za 0828762204

12 views

 life | health | insure | invest | employee benefits | legal | finance | tax | payroll | labour 

  • Facebook
  • Twitter
  • LinkedIn
  • YouTube
  • Instagram

0861 OPTIFIN (678 4346)

info@optimumgroup.co.za

HEAD OFFICE: 56 Regency Drive, Route 21 Corporate Park, Irene, 0157

An Authorised Financial Services Provider
FSP 8143 | FSP 44659

©2020 by Optimum Financial Services Group.